Welkom by Bostoe Toere
Ons beplan 'n verskeidenheid toere wat in almal se smaak behoort te val, van 'n dag, naweek, week, bietjie langer en vir die wat tyd het Afrika.
As u nog altyd getwyfel het of te bang was om die onbekende aan te pak hier is u kans, ons jaag nie getalle nie, deeglike beplanning, gerieflikheid, vriendelikheid, hulpvaardigheid en diens is die wagwoord.
Ons gaste word ons vriende en bly vriende. Gaan loer onder toere wat beskikbaar is, maak die keuse.
As u twyfel meer inligting benodig ons is net 'n e-pos of oproep weg.
Besoek die webwerf gereeld daar mag dalk 'n verrassing of winskoop op u wag.
Lekker kuier al is dit vir eers net op "bostoe"
Bosgroete.
Pieter en Susan Marais.